s s
context texture
 
 

l     r

Two Chai Teas...

Felt for
the Printmaker

Gekkegod

Unbalancing Act

als

writing

 

 

 

Writing > Poems > Gekkegod : image

 

die maan
het duskant van die son
kom dans

en in die felle
silhoët
het die aarde skielik klein gevoel
die daaglikse bestaan
onvanpas
nietig

asof net die
groot gebaar,
die gekke god
ware sêkrag had.

maar vandag
dans sy weer
onsigbaar rond
wys haar wange snags
reël die tye en die see
ongesiens
soos dit ‘n vrou
betaam.

 

u

Posted 07 August 2006, www.annisnyman.co.za, author: Anni Snyman

All work is under a Creative Commons Copyright Licence.

 

s