die maan
het duskant van die son
kom dans
en in die felle
silhoët
het die aarde skielik klein gevoel
die daaglikse bestaan
onvanpas
nietig
asof net die
groot gebaar,
die gekke god
ware sêkrag had.
maar vandag
dans sy weer
onsigbaar rond
wys haar wange snags
reël die tye en die see
ongesiens
soos dit ‘n vrou
betaam.