Ek sukkel met
die in en uit van tyd en siele
Hulle raak my en ook nie.
Altyd by my,
hou hulle aan om te wil verwyt
wanneer ek nie kans sien
vir die erosie
op die perfekte pas
toe ek en hulle ons was.
Posted 28 July 2006, www.annisnyman.co.za, author: Anni Snyman