Vyfuur kom uiteindelik
Net betyds
Want ek sit en
hou hom dop
‘n hele rukkie al.
Die bottel wag
en asem
Ek skink myself
‘n glasie liefde.
Daar lui die foon,
Dis seker jy -
ons stemme tas
oor kontinente,
vleg doelloos
deur die inkonsekwente
doen en late van die dag.
Die details
van jou lewe
vervleg met myne:
Ons praat ‘n web
en luister fyn
na skakerings
van die liefde
tussen eggos
in derduisende kilometers lyn.
Spinnerakfyn
maar taai genoeg
om 5-uur druppels dou
‘n oomblik vas te hou.