s s
context texture
 
 

 

 

 

 

als
Boek Een
Boek Twee

l   r

List of illustrations

Thames Times

What Frida Gave Me
Bekentenis
Skuilings
Drome
Gewoonte
Pregsure
Two Peas
Leë Hand
Een Uit Elke Drie
omiT
end page

Artwork > als > Boek Een

image • Bekentenis SkuilingsDromeGewoonte

oproeplost cityskuldKleur Kom Nooit Alleen Nieimage

 

n. a. v. “Kleur kom nooit alleen nie”

antjie krog
skryf
die waarheid uit.

-die siel se slagaar loop diep-

die ondergrondse vrou sug
na die wortel van sin, lus
na die proe van kern, wete,
aarde, klip.

sy slyp haar tande stomp,
sluk die stukke stront
peristalsis deur die grond
ontlas tonnels vir die ander
ongeborenes en reën

ek en hoeveel ander
stom in onbegrip
wagtend op die groot gebed
wat hier kan red

sy vou haar mond om die trog
en drink die bitter met die suur
suip die donker met die gloed

mannin
begrawe vir ons sondes
beskrywer, boetebok
jou wit vrou vrese
verklap
my onbetaamde binnekant,
help my glo

daar is ‘n mens verby die vel
daar is ‘n siel
suiwerder as díe
daar is ‘n dieper wees

en soos jy sê:
“gees gewaar gees”

u

Posted 28 July 2006, www.annisnyman.co.za, author: Anni Snyman

All work is under a Creative Commons Copyright Licence.

 

s