s s
context texture
 
 

 

 

 

 

als
Boek Een
Boek Twee

l   r

List of illustrations

Thames Times

What Frida Gave Me
Bekentenis
Skuilings
Drome
Gewoonte
Pregsure
Two Peas
Leë Hand
Een Uit Elke Drie
omiT
end page

Artwork > als > Boek Een

imageBekentenisSkuilingsDrome Gewoonte

ChameleonsspoelklipbootbevindKajakseks
gaarfallingcastthinnerampingimage

 

Jy gee my in my droom ‘n flits -
en ons kajak om die kaap van storms.
‘Jy sal dit maak, ek wag vir jou,’
fluister jou gestalte.
Die suidelike hawe kom so gou,
dis maklik,
selfs al is dit nag,
die water woes, maar nie te koud
eintlik voel ek baie goed.
Ek glip deur poorte soos ‘n kind,
verloor alles in die nat:
my skede, en my spaan, my skoene en,
my vriend, jou flits.
Die pad wat jy my aangesê het,
voer my mee,
en weldra staan ek op die rand,
nakend, skoon,
en verwag jou tussen al die ander.

u

Posted 28 July 2006, www.annisnyman.co.za, author: Anni Snyman

All work is under a Creative Commons Copyright Licence.

 

s