Lennstein,
is die kontraksies al sterk
en vol mening,
sinneloos en vasberade?
Of huiwer jou gemoed nog by die moontlikheid
dat daardie sonar foutief was
dat daar ‘n hartjie tog nog klop
dat almal om jou mal geraak het
want sien - ek voel hom skop!
...selfs elf dae
nadat ek die koue lyfie in my hande
vasgehou het - net langer as my hand,
baie rooi, en sonder vel
- toegemesselde oë
en ‘n perfekte mondjie...
maar dood.