aanskou jou vrese vrou
en staan verstom
dat jy nog klop, nog asem haal
waarom?
vir die ander?
vir die wat nog kom?
of vir jouself -
die laaste vrees
nog nie aanskou.
erken
dat jy maar aan die lewe klou
uit gewoonte
bygelowigheid
en blote besluiteloosheid.
Staan op, maak kos, bad.
Draai in die middag ‘n versie uit,
krap op ‘n etsplaat
en pleeg kuns
terapie
hoop dat iewers in die moes
van onstemde oomblikke
iets sinvol gaan begin
iets wat hierdie
onbegrip
gaan uitwis
met fanatiese sekerheid
maar selfs terwyl ek skryf
twyfel ek sterk
aan daardie moontlikheid.