Onthouklippe en vergeetgras
die pyn van jou
kleef aan my doen-en-late vas
jou leemte huiwer in die skadu
en bespring my
net na middernag
die hartseer wil-wil vort,
dan volspoed ek weer
in die feite vas:
die bult van ‘n ander se buik,
haar hand op die woel
van ‘n skop - gee die lem van niks
wat ek hier in my hart bêre,
‘n wikkel wat wrewelrig smaak.