Ek kyk na almal se nege en twintigste
ek wil
dat hulle weet
ek wens
dat iets in die aarde se wans
geskuif het
daardie dag.
Dit was ‘n donderdag.
Skaam
vir my eie benoudheid,
my droewigheid
wat so vlak lê.
en skaam
vir my eie ongeërgdheid,
die skel in my lag.
die onbehoorlikhede in my kop
- my mond loop daarvan oor.
die kruie in my taal
verdoesel, dryf
die sensitiewes weg.