maak my ‘n beeld
sonder arms, soos
Venus de Milo.
sekshonger en bar, soos
Egon Schiele.
pons ‘n gat in die middel, soos
Henry Moore
en maak die kop ‘n onbenullige
stukkie klei...
of liewer,
moenie bodder nie.
Posted 28 July 2006, www.annisnyman.co.za, author: Anni Snyman