Hierdie keer moet ek jou máák
met doel en vasberade werk
die wonder van jou waswording
is seker net so onverklaarbaar
of jy die kindjie van my buik of hart,
brein of smart sou wees - kind is kind,
en moederskap is voortdurend sorg...
en totsiens sê.
Posted 28 July 2006, www.annisnyman.co.za, author: Anni Snyman